Ek was neëntien jaar oud toe Hector[1] gesterf het
Hy was dertien jaar oud met 'n koeël deur sy lyf
Dit was koud in ons voorhuis - op die sestiende Junie
En die wind het geruk aan die vlag by die hek
En my pa het gesê "draai tog jou serp[2] om"
Uit die sitkamer voor ons nuwe TV
En dis toe wat ek sien hoe jy val langs jou suster
En my ma sê "kom eet die bobotie[3] word koud"
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Ek was neëntien jaar oud toe ek sien wat hier aangaan
Hy was dertien jaar oud en het lankal geweet
En my pa skud sy kop vir Soweto se kinders
Wat mars teen die taal wat hy jare lank praat
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Ek was neëntien jaar oud en Hector skaars dertien
Ek was veilig verskans teen die skreeuende waarheid
In die naam van die Heer en die swakheid van vaders
Wat niks aan die sirkus van waansin wou doen
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Dis weer sestien Junie en ek sien Hector se foto
Op voorblaaie dwarsoor die land
Hy lê so stil in die arms van Nbuyisa Mukhubu[4]
Sy vlerke geknip sodat ander kan vlieg
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Hector Peterson -
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Kind met die glimlag wat
Grynslag geword het - dis rooi om jou mond
Dis rooi om jou mond dis rooi
Come on, mashosa mani
Nyamazane
Sofik sigijama epholi
Eitha da so[5]
--------------------------------------------------------------------------------
[1] Hector Peterson: Schooljongen die tot symbool verworden is van het politiegeweld tijdens het Apartheidsregime
[2] serp: shawl
[3] boboti: Zuid-Afrikaans gerecht
[4] Nbuyisa Mukhubu: de schooljongen die Hector wegdroeg
[5] "Come on...da so": de leus die geroepen werd bij de demonstratie in Soweto op 16 juni 1976.
bron: Songteksten.nl
Taal: Nederlands